Hansieland

Entries categorized as ‘Akademie’

Akademiese presteerders uitstappie 2009

Mei 19, 2009 · Lewer Kommentaar

Akademiese sukses word hoog aangeslaan by Hoërskool Hans Strijdom.

Jaarliks word die top akademiese presteerders beloon met ‘n “pretdag” uitstappie!

Al die lang ure agter die boeke word dan die moeitewerd!!!!!

Vanjaar was die uitstappie na GOLD REEF CITY.

Juffrou Swanepoel en Matrieks

Juffrou Swanepoel en toppresteerders in matriek.

Aksie

Mariska Labuschagne, Wynand Kruger, Heleni Genis, Maryka van Niekerk,

WynandHeleni

In die bus

Oppad in die bus: Willie Senekal, Frederik Swanepoel

Oppad in die bus

Snippie en Angeline

Dogtersgroep

Bus6

Christiaan en Mariska

SnippieAngeChantalHeleni

Bus2

Kategorië Akademie

Hansies: Voorspoed met finale eksamen 2008

November 2, 2008 · Lewer Kommentaar

“Die geheim van sukses is maar net om jou gewone werk buitengewoon goed te doen”

3 November 2008 begin die Hansies(graad 8 – 11) met finale eksamen vir 2008. Ons wens elke Hansie sterkte toe met die eksamen, en laat die voorspoed julle verveel.

Almal van ons ken die nare gevoel van eksamen!!!

Ek leer.
Ek skryf.
Ek leer.
Ek skryf.
Ek leer.
Ek skryf.

Ek probeer leer.
Ek probeer skryf.
Ek probeer leer.
Ek probeer skryf.
Ek probeer nog harder.
En net nog harder.

En iewers langs die pad.
Het ek my blikkie pampoenpitte
neergesit…
En hulle vergeet.

(Deur: Goselyn)

Onthou eksamen word gewoonlik gevolg deur ‘n lekker partytjie of lui lekker dae van niks doen of selfs ‘n vakansie by die see. Dit klink dalk nog ver, maar tog vlieg die tyd. Nietemin wil ons julle aanmoedig om gefokus te bly tydens die eksamen.

Aan al die Hansies: In hierdie tyd van eksamens deel ons graag met julle die pragtige gebed van Koos Du Plessis:

Laat my nooit die grond verlaat nie

Laat my in u skadu bly

Gee dat elke aardse vreugde en vrees

Eindelik nietig word vir my

Elke afdraai padjie ken ek

elke keer het ek gedwaal

Elke keer het u my iewers kom haal

Maak dit Heer die laaste maal

Elke dag is ‘n gedagte

Elke kamer net gehuur

elke aardse droom van rykdom en roem

net ‘n skadu teen die muur

Wat ek is, is net genade

Wat ek het is net geleen

Eintlik smag ek na U waters van rus

Lei my Heer vandag daarheen.

Eksamen groete: Wynand Kruger, Sune Buchner en SRL Lede

Kategorië Akademie

Akademiese beleid en vakkeuses

Oktober 30, 2008 · Lewer Kommentaar

In Hansieland leer kinders om selfs bo sy/haar verwagting te presteer.

Vir die personeel van Hoërskool Hans Strijdom is dit belangrik om toegeruste en doelgerigte jongmense die grootmenswereld in te stuur om te gaan studeer.

Vakkeuses Gr 8 en 9

TGK 1 - Afrikaanse Huistaal
TGK 2 - Engels Eerste addisionele taal
WIS   - Wiskunde
NW    - Natuurwetenkappe
EBW   - Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
MSW   - Menslike en Sosiale Wetenskappe
KK    - Kuns en Kultuur
LO    - Lewensoriëntering
TEG   - Tegnologie
1. Huishoudkunde
2. Rekenaarvaardighede
3. Werkswinkel
4. Tegniese Tekene

Vakkeuses Gr 10 - 12
TGK 1 - Afrikaanse Huistaal
TGK 2 - Engels Eerste addisionele taal
WISK  - Wiskunde
WG    - Wiskundige Geletterdheid
AA    - Aardrykskunde
BS    - Besigheidsbestuur
GESK  - Geskiedenis
FW    - Fisiese Wetenskap
LW    - Lewenswetenskap
LO    - Lewensoriëntering
IT    - Inligtingstegnologie
REK   - Rekeningkunde
RTT   - Rekenaarondersteuningstegnologie
VS    - Verbruikerstudie (Huishoudkunde)
BST   - Besighiedstudies (Bedryfsekonomie)

TEGNIES:
ET    - Elektriese Tegnologie
MT    - Meganiese Tegnologie
IGO   - Ingenieursgrafika en Ontwerp (Tegniese Tekene)

Kategorië Akademie