Hansieland is volgende jaar 50 jaar oud – ‘n halfeeu!!
Alle oud leerlinge en onderwysers van die afgelope 50 jaar word hartlik uitgenooi na die reunie.
Groot feeste word beplan vir die naweek van 14 -16 Mei 2010.
Kontak Mev Gerda Swanepoel by Hoërskool Hans Strijdom vir verdere navrae of stuur epos aan hansieland@yahoo.com
Nêrens gee julle vir ons die skool se kontak besonderhede nie.
Ek sal dit opreg waardeer indien u my op hoogte kan hou van die 50 jaar reunie.
Baie dankie
Hardus Koekemoer (1979 Matriek)
Ek dink dit is wonderlik dat so ‘n fees gehou word vir die 50 jaar fiering en sal dit graag bywoon. Die beplande datum is ook my verjaarsdag datum – ek mis die 50 ongelukkig net met 2 jaar.
Ons 1957 matrieks vind nou eers uit ons was toe nooit by Hansies op skool nie
Bekommerde Hansie: Verseker is jy ‘n Hansie!! en daarom baie baie … welkom!! Hoop ons sien jou daar!! Die geskiedenis van die Hoërskool Hans Strijdom gaan terug na die Naboomspruitse Laerskool waaruit in 1951 ‘n groep II-skool, en later ‘n volwaardige hoërskool, gegroei het. Die huidige skoolgebou is in gebruik geneem in 1960 – en is dus volgende jaar 50 jaar oud. (Lees geskiedenis skrywe)
Telefoon nommer van skool is: 014 7432151
epos: hansieland@yahoo.com
Daar is ook ‘n facebook group geskep:
Hoërskool Hans Strijdom – 2010 – 50 jaar reunie
Sluit asb aan!! Ons sal almal op hoogte hou!! Dankie vir julle belangstelling!
Dit is n baie goeie idee en sien julle daar.
(1988 Matriek)
Ek sal graag daar wil wees maar kan ongelukkig nie daar wees nie .want ek sit nou al 4jaar in Austaliaen omstandighede laat dit nie toe dat ek kan gaan nie. Ek was in 1974-1978 daar in die skool ,as daar van my ou klas maats iswat wel wil kontak maak hier is my E-mail address johannes_grblr@yahoo.com.au
Tel: 614 07 4955 1794
Groete Hannes.
mnr.Klopper,
Baie dankie vir die geleentheid om julle skool te besoek en ons hotelskool te bemark.Ek waardeer dit baie aangesien ek weet hoe besig die skool program .Ek het Dinsdag in Naboom aangekom om julle vanoggend,Wo te kon besoek.Ek slaap weer vannaand op Naboom oor ,om more Warmbad te besoek.
Ek kon ongelukkig vanoggend net 13 gr11 sien.ek sal dit waardeer indien u my kan laat weet wanneer u ‘n loopbaan dag het sodat ek kan beplan om dit by te woon.Phalaborwa is nogal ‘n stywe entjie van julle af.
baie geluk met puik gedrag van die gr11′s wat ek wel kon sien.
Hoop om gou van julle te hoor.
Coretha du Plessis
Jammer vir die engels… Weet iemand of daar ‘n reunie vir die matrieks van 2000 gaan wees hierdie jaar?
Dankie man!
kan julle ‘n program voorsien vir die naweek? hoop julle verbeter hoërskool Prieska se 50 jaar reunie program…….
kan julle ‘n program voorsien vir die naweek? hoop julle verbeter Hoërskool Prieska se 50 jaar re-unie program…… groete
Ons is verseker daar. Klas van 1987, waar is julle?
Kudu en Lizette
Die program is as volg:
Donderdag 13/05 om 19:00
Revue – Kyk hoe lyk ons nou!
Kontak: 014-7432151 (skool)
Vrydag 14/05 om 17:00
Massabraai op skoolterrein
Kontak: Liesl Hobbs 0832950061
Saterdag 15/05 Super 14 op grootskerm in Lapa
om 19:00 Revue – Kyk hoe lyk ons nou!
Navrae: 014-7432151
Sondag 16/05 om 09:00
Erediens in skoolsaal
Koshuisverblyf beskikbaar
Mev R Pretorius 014-7432215 voor 7 Mei 2010
Ek sien julle dalk daar dit gaan baie leka wees Ek was in 1976-1980 daar
Hendrik.geldenhuys@eskom.co.za
Die naweek in Hansie land was ongelooflik lekker, ek het Donderdag 13 Mei gehoor van die re-unie en was Vrydag middag 5 uur in Naboomspruit van Kaapstad af.
Baie dankie aan almal wat betrokke was by die reelings, net een klein klagte, dit was nie goed genoeg geadverteer nie, ek glo dat daar 400 meer mense sou gewees het. Voorspoed! Hou ons Hansies se naam hoog, hoop om vroeg genoeg van volgende re-unie te hoor.
Matriekulant van 1970.
Wat ‘n mylpaal!!!
Well done Hansies, ek het ongelukkig te laat gehoor, maar nogtans was my hart daar!!
Sall graag weer bande will optel met oud Hansies – matriek 1978!!!
Graag wil ek vir al die Hansies ‘n pragtige 2011 toewens en my wens uitspreek dat almal se drome sal waar word. Alle eer aan Die Skepper wat vir ons die lig laat sien.