










More (28/2/2009) is die groot dag! Bosveld Interhoër 2009.
Dit word gehou hier in Hansieland!
Dirigente pas klere aan! Party se broeke is te groot!! ……. Almal is opgewonde oor die groot dag!



18 Februarie 2009 – Hansies maak reg vir interhoër 2009.
Eers groot geraas!!!
Dan lê daar nog ‘n lekker lang …….fliek sessie voor!
Gaan groot of gaan dood!

Almal sing hard saam!!!



En toe die fliek …….!!! “Never back down”


In die studiesaal word daar uitgekamp …. of nee daar word gefliek!

Gaan daar ooit gefliek word??????????????

Heleni en Chantal gewapen met ‘n suigstokkie en ‘n koeldrank is gereed vir die fliek sessie!!
Elke jaar voor Interhoër het ons ‘n paar geesvang dae en aande by die skool.
Dis die deel wat skoolgaan lekker maak!
“Miss match” sing song

“Miss match” geesvang dag
Boere geesvang dag

Boere geesvang dag

Selfs die onderwysers het probeer gees vang!!
Juffrou Swanepoel is altyd ‘n bok vir sports!!

“Accessory” geesvang dag

Hippie geesvang dag

Hippie geesvang dag
Hippie geesvang dag

Februarie :
Die maand van rose, beertjies en enigiets rooi om liefde te betuig.
MAAR onthou dis ook die maand van interhoër (28 Februarie). Dit word hierdie jaar gehuisves by HANSIELAND!!! SIEN JOU DAAR!!!




Die Hansies het valentynsdag behoorlik gevier! Seuns en dogters het opgeruk na die valentydsbal in die mooiste “outfits”. Die graad 11’s het baie moeite gedoen met die skoolsaal. Dit was asemrowend mooi en dit het die aand eksta spesiaal gemaak!
Kaartjies, sjokolade , blomme , beertjies en en .. is oor en weer uitgedeel. Liefde was in die lug!!
Die beste geklede seun en dogter is gekies vir die aand. As ook die mees verliefste paartjie en die paartjie wat die mooiste bymekaar gepas het.
En die wenners is ………………………….
Beste geklede dogter: Heleni Genis(Onder Hoofdogter)
Beste geklede seun: Schalk Roos
Mees verliefste paartjie: Christiaan Schmidt en Mariska Labuschani (SRL lede)
Paartjie mooiste bymekaar gepas: Wynand Kruger en Sune Buchner (Hoofseun en Hoofdogter)

Wynand Kruger en Sune Buchner. (Mooiste paartjie wat bymekaar gepas het)


Heleni Genis(Beste geklede dogter van die aand)



Christiaan en Mariska (Mees verliefste paartjie)


















Hansies julle is welkom om nog fotos te gee om geplaas te word. Kontak SRL lede!!
Kategorië Sosiaal
Welpiekonsert is Donderdag 5 februarie gehou in die skoolsaal.
Die hoofseun (Wynand Kruger) het die graad 8’s verwelkom met die woorde: “Na vanaand is julle almal amptelik ‘n Hansie!”
Die welpiekonsert was soos gewoonlik ‘n groot lekkerte om aan te bied. Die graad 8’s en graad 12’s het opgetree!
Die basiese storielyn van die welpiekonsert was 2 soekers op soek na die mees idilliese eiland ooit!
Hulle gaan van dorp tot dorp!! Nylstroom , Potgietersrus, Warmbad en ………O nee!!!
Uiteindelik beland hulle in Naboomspruit! Hoëerskool Hans Strijdom! Dis die plek!!
Daar vind hulle alles waarna hulle soek en waar hulle potensiaal die beste ontwikkel kan word!!!
Die hoofdogter (Sune Buchner) laat al die welpies die erekode van die skool hard op herhaal:
Erekode:
Ek Welpie van Hoërskool Hans Strijdom, onderneem plegtig dat:
Knopies (wat hulle elke dag sal herinner aan die verbintenis aan die erekode en aan Hansieland)
word aan elke welpie oorhandig! Graad 8’s moet hierdie knopies elke dag dra!!!
Die Graad 12’s tree ook op met ‘n “cool” dans item!! Die graad 8’s sit nou in die gehoor.
Whow!!! Dit is hoe dit gedoen moet word!!!!
GRAAD 8’s is nou amptelik ‘n Hansie!!!






Kategorië Sosiaal