
SRL kamp gehou in 2008 vir 2009: Wat ‘n verrassing!!!!
24 SRL dogters en seuns oppad na
jubaweni kamp!


Die pragtige terrein, swembad, hindernisbaan en laatnag jollery gaan vir altyd onthou word!!

Van die hoogtepunte was verseker donderdag oggend(na eiergooimoles) die luteria baan, “painball” en hindernisbaan die middag.






Die natuur was ongelooflik!!

Die hindernisbaan is nou wel deur Wynand se span gewen – maar al die “physical girls” (Elani, Anasti ….) EN Mnr Mellet was in die span!!!

JP le Gange se span het verseker die meeste PRET gehad. – met Mev Swanepoel – sy is psigies en fisies deur die span gedra. Heleni, Angeline, Jarrick en die ander spanlede het Juffrou aangemoedig: “Kom Juffrou, Juffrou kan. Juffrou is great, Juffrou dien goed, ons is trots op Juffrou!!” – Juffrou was egter besig om te versuip in die modderwater en vrek bang om met die tou oor die water te loop!! Maar Juffrou Swanepoel sê” “Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie vir my om so deur leerling aangemoedig en letterlik die laaste 100 meter opgetel en gedra te word!!”

Die “Fanta-Sparletta-Toyotaspan” sal ons ook altyd onthou!”
Nog ‘n onthou: die laatnag –gesteelde – eiergooi waarvoor net die seuns slaggereed was. Die meisies het egter dapper teruggeveg met “Doom” “peacfulsleep”, kussingfight en enige ding waarmee hulle kon gooi!
Jarrick en Bunny is geidentifiseer as “enemy number 1 and 2”. Die seuns het lekker “gesuffer” – moes tot 5 uur die volgende oggend op aandag staan!!!


24 seuns en dogters het die Woensdag vertrek na Jubaweni – en EEN SRL groep het terug gekom Vrydag – slaggereed om die Hansies vir 2009 entoesiasties te lei na ongekende hoogtes!
0 responses so far ↓
There are no comments yet...Kick things off by filling out the form below.