Hansieland

Entries from Januarie 2009

Hi ali Hansies – Check die volgende uit!

Januarie 7, 2009 · Lewer Kommentaar

SRL 2009 kamp

Hi ali Hansies!

Somervakansie amper op ‘n end – ag tog!

Almal sien uit daarna om te hoor wat is nuus.

Check die volgende:

· Alle SRL 10 uur Maandag 12 Januarie in Mev Swanepoel se klas – Bring “cool “ idees! Kleredrag:informele khaki SRL klere.

· Dinsdag 8 uur – SRL in uitstapdrag (almal ontvang Maandag julle onderbaadjies)

· Woensdag – 14 Januarie – skool begin amptelik vir 2009.

Alle SRL om 6:50 die oggend op die gras voor die skool om die welpies te verwelkom.

· Die welpies (graad 8 leerlinge) kan Maandag of Dinsdag reeds by die skool registreer. Die SRL ontvang julle egter eers Woensdag 14 januarie amptelik.

· Ons is opgewonde en kan nie wag om die welpies van 2009 te verwelkom nie! Hoop julle sien net so uit daarna!!

Onthou ons orienteringsprogram Vrydagmiddag 16 Januarie 2:30 !!

Mag 2009 die lekkerste opwindendste en “kewlste” jaar wees!

Hansie Groete

Wynand Kruger, Sune Buchner en SRL Lede


Kategorië Programme/Rooster/Tye

Jubaweni – SRL kamp

Januarie 6, 2009 · Lewer Kommentaar

oppad-na-kamp

SRL kamp gehou in 2008 vir 2009: Wat ‘n verrassing!!!!

24 SRL dogters en seuns oppad na

jubaweni kamp!



oppad-na-kamp

swembad-afgly2

Die pragtige terrein, swembad, hindernisbaan en laatnag jollery gaan vir altyd onthou word!!


dogter-groepie1

Van die hoogtepunte was verseker donderdag oggend(na eiergooimoles) die luteria baan, “painball” en hindernisbaan die middag.

srl-dogters1

srl-dogters

jarrickjpdwdian1

rit


wynandmaryka

wynandsune

Die natuur was ongelooflik!!

spanbou-in-die-natuur

Die hindernisbaan is nou wel deur Wynand se span gewen – maar al die “physical girls” (Elani, Anasti ….) EN Mnr Mellet was in die span!!!

mnr-mellet

JP le Gange se span het verseker die meeste PRET gehad. – met Mev Swanepoel – sy is psigies en fisies deur die span gedra. Heleni, Angeline, Jarrick en die ander spanlede het Juffrou aangemoedig: “Kom Juffrou, Juffrou kan. Juffrou is great, Juffrou dien goed, ons is trots op Juffrou!!” – Juffrou was egter besig om te versuip in die modderwater en vrek bang om met die tou oor die water te loop!! Maar Juffrou Swanepoel sê” “Wat ‘n wonderlike ervaring was dit nie vir my om so deur leerling aangemoedig en letterlik die laaste 100 meter opgetel en gedra te word!!”

juf-swanepoel


Die “Fanta-Sparletta-Toyotaspan” sal ons ook altyd onthou!”


chaos na eiergooiNog ‘n onthou: die laatnag –gesteelde – eiergooi waarvoor net die seuns slaggereed was. Die meisies het egter dapper teruggeveg met “Doom” “peacfulsleep”, kussingfight en enige ding waarmee hulle kon gooi!

Jarrick en Bunny is geidentifiseer as “enemy number 1 and 2”. Die seuns het lekker “gesuffer” – moes tot 5 uur die volgende oggend op aandag staan!!!


konsert-kamp

SRL seunsdogter-groep

24 seuns en dogters het die Woensdag vertrek na Jubaweni – en EEN SRL groep het terug gekom Vrydag – slaggereed om die Hansies vir 2009 entoesiasties te lei na ongekende hoogtes!


Kategorië Leiers