“Die geheim van sukses is maar net om jou gewone werk buitengewoon goed te doen”
3 November 2008 begin die Hansies(graad 8 – 11) met finale eksamen vir 2008. Ons wens elke Hansie sterkte toe met die eksamen, en laat die voorspoed julle verveel.
Almal van ons ken die nare gevoel van eksamen!!!
Ek leer.
Ek skryf.
Ek leer.
Ek skryf.
Ek leer.
Ek skryf.
Ek probeer leer.
Ek probeer skryf.
Ek probeer leer.
Ek probeer skryf.
Ek probeer nog harder.
En net nog harder.
En iewers langs die pad.
Het ek my blikkie pampoenpitte
neergesit…
En hulle vergeet.
(Deur: Goselyn)
Onthou eksamen word gewoonlik gevolg deur ‘n lekker partytjie of lui lekker dae van niks doen of selfs ‘n vakansie by die see. Dit klink dalk nog ver, maar tog vlieg die tyd. Nietemin wil ons julle aanmoedig om gefokus te bly tydens die eksamen.
Aan al die Hansies: In hierdie tyd van eksamens deel ons graag met julle die pragtige gebed van Koos Du Plessis:
Laat my nooit die grond verlaat nie
Laat my in u skadu bly
Gee dat elke aardse vreugde en vrees
Eindelik nietig word vir my
Elke afdraai padjie ken ek
elke keer het ek gedwaal
Elke keer het u my iewers kom haal
Maak dit Heer die laaste maal
Elke dag is ‘n gedagte
Elke kamer net gehuur
elke aardse droom van rykdom en roem
net ‘n skadu teen die muur
Wat ek is, is net genade
Wat ek het is net geleen
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my Heer vandag daarheen.
Eksamen groete: Wynand Kruger, Sune Buchner en SRL Lede